OSSEWAKAMP
Bespreek vandág nog jul plek by ons oewer-ossewakamp, die Gerhard Wille-laer, vir ’n unieke Afrikanererfeniservaring soos min!

As daar nou één belewenis is wat op julle as gesin se móét-doen-lysie bygevoeg móét word, is dit ’n bespreking by Udolpho se pragtige oewer-ossewakamp, die Gerhard Wille-laer!
Híérdie unieke verblyfopsie is ’n immergewilde keuse onder individue, gesinne en groter groepe wat graag ’n deel van die Voortrekkers van ouds se manier van leef vir hulself wil kom ervaar!

Die Gerhard Wille-laer beskik oor vier gerestoureerde ossewaens.
Drie van die waens is met stapelbeddens toegerus en kan agt gaste per ossewa akkommodeer. Die vierde ossewa kan twee mense akkommodeer.
Die sterk, toeritsbare seile bied voldoende weerstand teen elke denkbare weerselement.




Tariewe
Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)
Herfs en Winter Naweke
(Maart-Augustus)
Somer Naweke
(Januarie-February & September-Desember)
Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)





