OSSEWAKAMPE

Bespreek vandág nog jul plek by een van ons twee Ossewakampe vir ’n unieke Afrikanererfeniservaring soos min!

As daar nou één belewenis is wat op julle as gesin se móét-doen-lysie bygevoeg móét word, is dit ’n bespreking by een van Udolpho se twee pragtige Ossewakampe!

Híérdie unieke verblyfopsie is ’n immergewilde keuse onder individue, gesinne en groter groepe wat graag ’n deel van die Voortrekkers van ouds se manier van leef vir hulself wil kom ervaar!

Ons Hoofterrein-Ossewakamp, of Liebenberg-laer, beskik oor 11 gerestoureerde ossewaens wat in ‘n laer getrek is, en kan tot 80 gaste huisves. Die Oewer-Ossewakamp kan tot 26 gaste akkommodeer.

Die waens is met stapelbeddens, en enkeles met dubbelbeddens toegerus, en kan elkeen tussen 6 en 8 gaste akkommodeer.

Die sterk, toeritsbare seile bied voldoende weerstand teen elke denkbare weerselement.

Kom geniet ’n gesellige braai rondom die braaiput saam met familie en vriende onder die Vrystaatse sterrehemel by Liebenberg-laer, of begin jou dag met ’n koppie Boeretroos op die oewer van die Vaalrivier by ons Oewer-Ossewakamp!

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R420 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R440 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R460 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R500 per nag