KONFERENSIES

Udolpho se konferensiefasiliteite, ingesluit die Plaaskombuis, is ideaal vir die aanbied van ‘n wye reeks werkswinkels en ander strategiese saamtrekke.

Henning Klopper-saal

Liebenberg-laer

Paul Kruger-saal

Tariewe

Henning Klopper-saal

Die Henning Klopper-saal bied aan gaste die ideale venue vir die aanbied van ’n verskeidenheid funksies en geleenthede wat wissel van werkswinkels, jaareindfunksies, kleiner binnenshuise konserte en verjaardae, tot skool -en kerkkampbyeenkomste.

Hierdie saal kan ’n maksimum van 80 gaste akkommodeer en is met lugversorging toegerus.

Die koste sluit die gebruik van die saal, tafels en stoele in.

Dekoritems soos tafeldoeke, eetgerei en breekware kan ook teen ’n nominale prys verskaf word.

Liebenberg-laer

Die Liebenberg-laer is geleë op die hoofterrein tussen die ossewaens, bied ’n unieke en historiese atmosfeer vir klein tot medium funksies.

Hierdie oop lapa kan tot 30 gaste akkommodeer en beskik oor een kragpunt en ’n wasbak, maar geen yskas nie.

Die ruimte is ideaal vir Voortrekkergroepbyeenkomste, spanbou- en werksgeleentheidsfunksies, sowel as meer informele geleenthede soos bachelorfunksies, babatee’s en soortgelyke vieringe.

Paul Kruger-saal

Die Paul Kruger-saal is ’n lokaal belaai met foto’s, artefakte en ander geskiedkundige items wat dateer uit die era van die Zuid-Afrikaansche Republiek en Anglo-Boereoorlog.

Hierdie vertrek bied nie net ’n interessante blik op hierdie kosbare elemente van die Afrikaner se ryk geskiedenis en kultuurerfenis nie, maar dien ook as die perfekte fasiliteit vir diegene wat belangstel om meer intiemer vergaderings, werkswinkels, funksies of ander kleiner saamtrekke aan te bied.

Die Paul Kruger-saal kan ’n maksimum van 30 mense akkommodeer.

Die koste sluit die gebruik van die saal, tafels en stoele in.

Dekoritems soos tafeldoeke, eetgerei en breekware kan ook teen ‘n nominale prys verskaf word.

Tariewe

Henning Klopper-saal

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R995

Herfs en Winter Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1048

Somer Naweke
(Januarie-Februarie & September-Desember)

  • R1 195

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 403

Tariewe

Liebenberg-laer

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R490

Herf en Winter Naweke
(Maart-Augustus)

  • R550

Somer Naweke
(Januarie-Februarie & September-Desember)

  • R620

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R803

Tariewe

Paul Kruger-saal

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R756

Herfs en Winter Naweke
(Maart-Augustus)

  • R809

Somer Naweke
(Januarie-Februarie & September-Desember)

  • R920

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1045