ONTSPANNING

Kom vier die lewe, en al sy spesiale geleenthede, by een van ons pragtige, gesellige venues!

Plaaskombuis

Liebenberg-laer

Weiveld-lapa

Tariewe

Plaaskombuis

Is jy tans op soek na ’n onthaalfasiliteit waar julle as familie julle volgende reünie kan hou of ander spesiale geleenthede kan vier?

Wil jy as sportafrigter ’n oefenkamp aanbied by ’n venue wat aan jou span net die beste bied in eetsaalgeriewe en fasiliteite vir strategiese sessies?

Die Plaaskombuis is op Udolpho se Hoofterrein geleë en kan ’n maksimum van 80 mense akkommodeer.

Die koste sluit die gebruik van die eetsaal, tafels, stoele, kombuisgeriewe en die Oukraal-lapa met sy braaigeriewe en boma in.

Liebenberg-laer-Lapa

Liebenberg-laer-lapa is geleë reg langs ons immergewilde Hoofterrein-Ossewakamp (Liebenberg-laer) en beskik oor braai- en opwasgeriewe.

Dié fasiliteit kan tot en met 50 gaste op ’n slag akkommodeer.

Bespreek sommer vandág nog jul verblyf as gesin of vriendegroep by die Liebenberg-laer en kom vier daardie volgende verjaardag of ander spesiale mylpaal in hierdie heerlike, gesellige lapa!

Weiveld-lapa

Of dit nou ’n lekker kuier saam met vriende of familie, ’n verjaardagviering, of enige ander spesiale geleentheid is, staan Udolpho se Weiveld-lapa altyd gereed om dit ’n onvergeetlike een te maak, belaai met goeie herinneringe!

Weiveld-lapa is geleë op ons Weiveld-terrein en beskik oor heerlike braaigeriewe.

Dié fasiliteit kan tot en met 40 gaste op ’n slag akkommodeer.

Die koste sluit die gebruik van die kombuis in, en tafels en stoele kan ook verskaf word op aanvraag teen geen ekstra koste.

Tariewe

Plaaskombuis

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R950

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 200

Naweke
(September-Februarie)

  • R1 600

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 760

Tariewe

Liebenberg-laer-lapa

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R420

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R440

Naweke
(September-Februarie)

  • R460

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R500

Tariewe

Weiveld-lapa

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R410

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R440

Naweke
(September-Februarie)

  • R520

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R560