CHALETS
Udolpho se heerlike, intieme Chalets is elkeen toegerus met basiese selfsorggeriewe vir ’n onvergeetlike wegbreek teen ’n uiters billike tarief per aand!
Oorsig
Die chalets is geskik vir vyf gaste en het twee slaapkamers, een met ’n dubbelbed en een met twee enkelbeddens.
Die sitarea het ’n enkelbed. Die kombuisie is met ’n yskas, mikrogolf, stoof en oond toegerus, asook ander basiese geriewe.
Elkeen het ’n afsonderlike toilet.
Drie eenhede het ’n bad en die ander drie het ’n stort.
Oorsig
Die Weiveld-chalets kan vier gaste huisves, en het twee slaapkamers wat elk twee enkelbeddens het.
Die badkamer het ’n stort en die kombuisie is met ’n yskassie, mikrogolf, stoof en eetgerei toegerus.












