OEWERHUISE
Udolpho se pragtige, ruim Oewerhuise bied verblyfopsies vir groter gesinne of vriendegroepe, en is almal toegerus met basiese selfsorggeriewe.
Oorsig
Die Sally Williams-rivierhuis is op die oewer van die Vaalrivier geleë. Die huis bied slaapplek vir ses gaste in drie slaapkamers, waarvan een en suite is.
Die eerste slaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en ’n bad. Die tweede slaapkamer het twee enkelbeddens en die derde kamer het ’n dubbelbed. Hierdie twee slaapkamers deel ’n badkamer met ’n stort.
Die oopplankombuis is goed toegerus met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, asook koffie- en teemaakgeriewe.
Die leefarea lei na ’n stoep met braaigeriewe en ’n pragtige uitsig oor die rivier.
Oorsig
Die Mooifontein-rivierhuis bied slaapplek vir 10 gaste. Die huis beskik oor vier slaapkamers, drie badkamers, ’n kombuis en ’n leefarea.
Een van die slaapkamers het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het ’n dubbelbed elk en deel ’n badkamer met ’n stort. Die vierde slaapkamer het vier enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort.
Die oopplankombuis is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die huis het ’n privaat lapa met braaigeriewe op die oewer van die rivier.
Oorsig
Die Droomvrou-rivierhuis kyk uit oor die rivier en die lieflike huis bied slaapplek vir ses gaste. Droomvrou het drie slaapkamers, twee badkamers, ’n kombuis en leefarea.
Die een kamer het twee enkelbeddens en ’n tweede kamer het ’n dubbelbed. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en sy eie badkamer.
Die oopplankombuis is toegerus met ’n yskas, stoof en oond, asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Gaste kan heerlik ontspan in die privaat leefarea wat na ’n binnehof met uitsigte oor die rivier lei. Privaat braaigeriewe is ook beskikbaar.
Oorsig
Die Trek Ferreira-rivierhuis is op die oewer van die Vaalrivier geleë. Die huis bied slaapplek vir sewe gaste. Daar is drie slaapkamers, ’n badkamer, kombuis en leefarea.
Een van die slaapkamers het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer ’n dubbel- en enkelbed. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens. Al die kamers deel ’n badkamer met ’n bad en ’n buitestort.
Oorsig
Die Silver de Lange-rivierhuis met sy vier slaapkamer, bied slaapplek aan agt gaste.
Die eerste slaapkamer het twee enkelbeddens en die tweede slaapkamer ’n dubbelbed. Die eerste twee kamers deel ’n privaat badkamer met ’n stort. Die derde kamer het twee enkelbeddens en die vierde kamer ’n dubbelbed. Hulle deel ook ’n ruim, privaat badkamer met ’n stort.
Die leefarea het ’n ingeboude braai-area en kaggel, en loop uit op ’n stoep met ’n pragtige uitsig oor die Vaalrivier. Dis ’n heerlike huis met maklike toegang tot die rivier vir visvang.
Oorsig
Die Olke bolke-huis bestaan uit drie afsonderlike houthuise wat as een eenheid funksioneer vir ’n groep of gesin van tien mense.
Die eerste huis het ’n kombuis, leefarea en twee slaapkamers – een met ’n dubbelbed en een met ’n enkelstapelbed, asook ’n badkamer met ’n stort. Die tweede houthuis het twee enkelbeddens en ’n badkamer met ’n bad. Die derde huis is een vertrek met ’n dubbelbed en stapelbed, asook ’n stoep met ’n lieflike uitsig oor die rivier.
Bespreek sommer nou vir heerlike kuiers om die braaivleisvuur of knus voor die kaggel.
Oorsig
Die Japie my Skapie-rivierhuis op die oewer van die Vaalrivier beskik oor twee slaapkamers en een solderkamer.
Elke slaapkamer het ’n dubbelbed en die solderkamer het drie enkelbeddens. Die huis het twee badkamers, een met ’n stort, toilet en wasbak, en die ander een met ’n bad, toilet en wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus en maaltye kan gesellig by die tafel geniet word.
Die leefarea loop uit op ’n dek met braaigeriewe en kyk uit op die Vaalrivier.
Oorsig
Houtkapper-Oewerhuis het twee slaapkamers en bied slaapplek vir vier gaste. Daar is ’n buite-badkamer met ’n stort en ’n kombuis.
Daar is ook ’n houtdek met tafels en stoele waar gaste gesellig kan verkeer terwyl die uitsig oor die pragtige Vaalrivier geniet word.
Oorsig
Pampoen Rugsakreisigers-akkommodasie het twee slaapkamers.
Daar is twee badkamers wat elkeen met ’n stort toegerus is, ’n klein buite-kombuisie en ’n houtdek, waar gaste gesellig by die braai-area kan verkeer terwyl die uitsig oor die pragtige Vaalrivier geniet word.
Oorsig
Die Nalekoker-rivierwoonstel is geskik vir twee gaste en het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n stort.
Die kombuisie is met ’n yskas, mikrogolf en oond toegerus, asook ander basiese geriewe.
Die woonstel het ’n privaat stoep met tafel en stoele, en ’n klein braaier.
Oorsig
Skarumba het drie slaapkamers en bied slaapplek vir ses gaste. Daar is drie badkamers, ’n kombuis met al die nodige geriewe en ’n heerlike ruim leefarea waar jy rustig kan verkeer terwyl jy die uitsig oor die pragtige Vaalrivier kan geniet.




















































































































