OEWERHUISE

Udolpho se pragtige, ruim Oewerhuise bied verblyfopsies vir groter gesinne of vriendegroepe, en is almal toegerus met basiese selfsorggeriewe.

Sally Williams

Mooifontein

Droomvrou

Trek Ferreira

Silver de Lange

Olke Bolke

Japie my Skapie

Houtkapper

Pampoen

Nalekoker

Skarumba

Sally Williams

  • 6 gaste
  • 3 slaapkamers
  • 2 badkamers
  • Stoep met uitsig oor Vaalrivier
  • Braai-area

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R1 165 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 325 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1 750 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 970 per nag

Oorsig

Sally Williams-Oewerhuis het drie slaapkamers en bied slaapplek vir ses gaste. Daar is twee badkamers, ’n oopplankombuis met ’n inloopspens, en ’n ruim leefarea.

Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad en stort. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en die derde slaapkamer het twee enkelbeddens. Die tweede badkamer is met nog ’n stort toegerus.

Die oopplankombuis is met ’n stoof/oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en ketel toegerus.

Die leefarea het gemaklike rusbanke en loop uit op ’n stoep met ’n ingeboude braai-area en pragtige uitsig oor die Vaalrivier.

Daar is ook ’n tafel en stoele buite op die stoep waar daar gesellig by die braai-area gekuier en etes geniet kan word.

Mooifontein

  • 10 gaste
  • 4 slaapkamers
  • 3 badkamers
  • Lapa met uitsig oor Vaalrivier
  • Braai-area

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R1 165 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 325 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1 750 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 970 per nag

Oorsig

Mooifontein-Oewerhuis het vier slaapkamers en bied slaapplek vir 10 gaste. Daar is drie badkamers, ‘n oopplankombuis en ’n ruim leefarea.

Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte dubbelbed met ‘n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het elk ’n dubbelbed en deel ‘n badkamer met ‘n stort. Die vierde slaapkamer het vier enkelbeddens en ook ‘n en suite-badkamer met ‘n stort.

Die oopplankombuis is met ’n stoof/oond, mikrogolfoond, yskas en ketel toegerus.

Die leefarea het gemaklike rusbanke en lei uit na buite waar ’n paadjie na die eenheid se privaat lapa gevolg kan word.

Híér kan jy ’n vuurtjie aansteek en ietsie kouds geniet terwyl jy sit en uitkyk oor die pragtige Vaalrivier.

Droomvrou

  • 6 gaste
  • 3 slaapkamers
  • 2 badkamers
  • Stoep met uitsig oor Vaalrivier
  • Braaigeriewe

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R1 140 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 190 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1 610 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 760 per nag

Oorsig

Droomvrou-Oewerhuis het drie slaapkamers en bied slaapplek vir ses gaste. Daar is twee badkamers, ’n oopplankombuis en ’n gesellige leefarea met ’n ingeboude kaggel.

Al drie slaapkamers is met ’n dubbelbed toegerus. Beide badkamers het ’n stort en bad.

Die oopplankombuis is met ’n stoof/oond, mikrogolfoond, yskas en ketel toegerus.

Gaste kan gesellig op die buitestoep rondom die braai kuier terwyl ’n pragtige uitsig oor die Vaalrivier geniet word.

Trek Ferreira

  • 7 gaste
  • 3 slaapkamers
  • 1 badkamer
  • Houtdek met uitsig oor Vaalrivier
  • Braai-area

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R940 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 050 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1 370 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 500 per nag

Oorsig

Trek Ferreira-Oewerhuis is ‘n pragtige houthuis met drie slaapkamers en bied slaapplek vir sewe gaste. Daar is een badkamer met ’n bad en ‘n buitestort.

Een slaapkamer het ’n dubbelbed, die tweede slaapkamer het ’n dubbel- en enkelbed, en die derde slaapkamer het twee enkelbeddens.

Die kombuis is met ‘n stoof/oond, mikrogolfoond, yskas en ketel toegerus.

In die leefarea is daar gemaklike rusbanke en ’n etenstafel waarby heerlike maaltye geniet kan word. In die wintermaande kan daar ook gesellig rondom die kaggelvuur gekuier word.

Die leefarea loop uit op ‘n groot houtdek wat uitkyk oor die pragtige Vaalrivier. Daar is ook ’n aparte afdak langs die huis met ’n ingeboude braai en kuierarea.

Silver de Lange

  • 8 gaste
  • 4 slaapkamers
  • 2 badkamers
  • Stoep met uitsig oor Vaalrivier
  • Ingeboude braai en kaggel

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R1 165 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 325 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1 750 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 970 per nag

Oorsig

Silver de Lange het vier slaapkamers en bied slaapplek vir agt gaste. Daar is twee badkamers, ’n kombuis met al die nodige geriewe en ’n heerlike ruim leefarea met beide ’n ingeboude braai en kaggel.

Die leefarea loop uit op ’n stoep waar daar gesellig gekuier kan word terwyl gaste uitkyk oor die pragtige Vaalrivier.

Olke Bolke

  • 10 gaste
  • 4 slaapkamers
  • 3 badkamers
  • Uitsigte oor Vaalrivier
  • Braai-area en braaiput

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R1 165 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 325 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1 750 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 930 per nag

Oorsig

Olke Bolke-Oewerhuis bestaan uit drie afsonderlike houthuis-eenhede en is ideaal vir die akkommodering van groter gesinne of vriendegroepe.

Olke Bolke-Oewerhuis 1 het twee slaapkamers en bied slaapplek vir vier gaste. Die een slaapkamer het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer ’n stapelbed. Daar is een badkamer met ’n stort.

Die oopplankombuis is met ’n stoof/oond, mikrogolfoond, yskas en ketel toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke en loop uit op ’n stoep met ’n ingeboude braai-area en pragtige uitsig oor die Vaalrivier. Daar is ook ’n tafel en stoele buite op die stoep waar daar gesellig by die braai-area gekuier en etes geniet kan word.

Olke Bolke-Oewerhuis 2 het een slaapkamer met twee enkelbeddens wat slaapplek bied vir twee gaste. Daar is een badkamer met ’n bad.

Die eenheid loop uit op ’n stoep met ’n pragtige uitsig oor die Vaalrivier. Daar is ook ’n gemeenskaplike braaiput soos wat jy met die trappe afloop na die oewer van die rivier.

Olke Bolke-Oewerhuis 3 het een slaapkamer met ’n dubbelbed en een stapelbed wat slaapplek bied vir vier gaste. Daar is een badkamer met ’n stort.

Die eenheid loop uit op ’n houtdek met ’n pragtige uitsig oor die Vaalrivier.

Japie my Skapie

  • 7 gaste
  • 3 slaapkamers
  • 2 badkamers
  • Houtdek met uitsig oor Vaalrivier
  • Braai-area

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R1 140 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1 190 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1 610 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 760 per nag

Oorsig

Japie my Skapie-Oewerhuis het drie slaapkamers en bied slaapplek vir sewe gaste. Daar is twee badkamers, ’n kombuis en ’n ruim leefarea.

Die grondvloer-slaapkamers is beide met ‘n dubbelbed toegerus en daar is drie enkelbeddens in die solderkamer. Die een badkamer het ’n bad en stort en die ander badkamer slegs ’n stort.

Die kombuis is met ’n stoof/oond, mikrogolfoond, yskas en ketel toegerus, en daar is ’n ruim leefarea met gemaklike rusbanke.

Beide die kombuis en leefarea loop uit op ’n houtdek wat oor die prentjiemooi Vaalrivier uitkyk.

Daar is ook ’n eetkamertafel binne die huis en ’n tafel buite waar daar gesellig by die buitebraai gekuier en etes geniet kan word.

Houtkapper

  • 4 gaste
  • 2 slaapkamers
  • 1 badkamer
  • Houtdek met uitsig oor Vaalrivier
  • Braaigeriewe

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R470 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R560 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R720 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R800 per nag

Oorsig

Houtkapper-Oewerhuis het twee slaapkamers en bied slaapplek vir vier gaste. Daar is ’n buite-badkamer met ’n stort en ’n kombuis.

Daar is ook ’n houtdek met tafels en stoele waar gaste gesellig kan verkeer terwyl die uitsig oor die pragtige Vaalrivier geniet word.

Pampoen

  • 6 gaste

  • 3 slaapkamers
  • 2 badkamers
  • Houtdek met uitsig oor Vaalrivier
  • Braai-area

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R660 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R750 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R990 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1 100 per nag

Oorsig

Pampoen Rugsakreisigers-akkommodasie het drie slaapkamers en bied slaapplek vir 12 gaste.

Daar is twee badkamers wat elkeen met ’n stort toegerus is, ’n klein buite-kombuisie en ’n houtdek, waar gaste gesellig by die braai-area kan verkeer terwyl die uitsig oor die pragtige Vaalrivier geniet word.

Nalekoker-Rivierwoonstelle

  • 2 gaste
  • 1 slaapkamer
  • 1 badkamer
  • Stoep met uitsig oor Vaalrivier
  • Braaigeriewe

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R310 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R380 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R480 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R540 per nag

Oorsig

Die Nalekoker-Rivierwoonstelle is elkeen toegerus met ’n dubbelbed en bied slaapplek vir twee gaste.

Hierdie vier intieme eenhede het elkeen ’n badkamer met ’n stort en ’n kombuis met al die basiese geriewe.

Daar is ook ’n tafel en twee stoele buite elke eenheid waar gaste gesellig kan verkeer terwyl die braaivleisvuur hoog brand in die voorgrond en die pragtige uitsig oor die Vaalrivier geniet word.

Skarumba

  • 6 gaste
  • 3 slaapkamer
  • 3 badkamer
  • Stoep met uitsig oor Vaalrivier
  • Braaigeriewe

Tariewe

Week: Sondag-Donderdag
(Langnaweke/vakansies uitgesluit)

  • R1165 per nag

Naweke
(Maart-Augustus)

  • R1325 per nag

Naweke
(April, September-Februarie)

  • R1750 per nag

Langnaweke en skoolvakansies
(Deurlopend)

  • R1970 per nag

Oorsig

Skarumba het drie slaapkamers en bied slaapplek vir ses gaste. Daar is drie badkamers, ’n kombuis met al die nodige geriewe en ’n heerlike ruim leefarea waar jy rustig kan verkeer terwyl jy die uitsig oor die pragtige Vaalrivier kan geniet.